Leeu Voermenger

Leeu Voermenger

OM Agri is die eksklusiewe verspreider van die Leeu Voermenger in Suid Afrika

OM Agri Leeuvoermenger

 

  • Lae profiel
  • Vinnige meng aksie met 3 awegaar ontwerp
  • Lae onderhoud ratkas in olie bad
  • Hoë kapasiteit ontlaai
  • Robuuste konstruksie vir  Afrika toestande
  • Lae aandrywingsvereiste (30-50 Kw)
  • Slytplaat
  • Skaal maklik installeerbaar
  • Plaaslik vervaardig en onderdele maklik beskikbaar
  • R 245 000.00  BTW uitgesluit

 

 

Gebalanseerde voeding is die grootste enkele bydraer tot enige vorm van diereproduksie; dit is selfs belangriker as genetika, reken kenners. Daarom sorg die verstandige veeboer dat sy diere genoeg van al die nodige voedingstowwe inkry om voortreflik te produseer en te reproduseer. Veral melkboere en voerkrale staan geen kans om winsgewend te produseer sonder volledig gemengde rantsoene nie. Voedingkundiges se dienste word ingespan om die beste, mees gebalanseerde rantsoen vir elke omstandigheid en behoefte saam te stel. Die probleem is dat so ’n rantsoen uit bestanddele met verskillende teksture en in verskillende hoeveelhede saamgestel word – van ’n groot, growwe baal of twee tot ’n klein bietjie poeier van een of ander mineraal en ’n taai melassestroop. Al hierdie verskillende bestanddele van die rantsoen moet behoorlik en eweredig vermeng word sodat elke dier presies die regte hoeveelheid en samestelling van voedingstowwe kan inkry. Dis waar die voermenger sy belangrike rol speel. Die voermenger moet sorg dat elke dier op presies die regte tyd presies die regte voer ontvang en dat elke bekvol presies die regte samestelling van voedingstowwe het. Die meeste boere verkies ’n beweegbare voermenger wat deur ’n trekker gesleep word en waarvan die mengmeganisme met die kragaftakker aangedryf word. So ’n menger ry tussen die verskillende voerbronne om sy pens vol te maak terwyl hy alles wat inkom meng. Dan ry hy al mengende na die diere en lewer die gemengde voer netjies in die krippe af met ’n spesiale aflaaigeut.